|
|
Cape
Home Educators
|
| Tuisskool by die see. deur Reyni Joos DIE Joos-huishouding in Melkbosstrand is warm, hartlik
en besig met die `vingerafdrukke’ van ses individue duidelik in
die kleurvolle vertrekke te sien. En reg in die middel van die huis
teen die duine is ma-Reyni se netjies ingerigte skool. Dit is hier waar
sy elke dag met Emily (7), Christine (5) en Timothy (3) werk. Reyni
het die taak as ma-juffrou in 2004 met Emily aangepak en deesdae is
Christine en Timothy ook amptelik leerlinge in ma se skool. ``Die morele verval in skole het ons ook oortuig om
verkieslik beheer te neem oor waaraan ons kinders blootgestel word.
Boonop sou dit sukkel om kwaliteit-aandag aan al drie te gee, as hulle
soggens in die skool sou wees en daar net middae oor was om met hulle
te werk.’’ Reyni gebruik die Accelerated Christian Education (ACE)-program en sê sy hou veral daarvan omdat dit baie gestruktureerd is. Sy hou van roetine en die program leer haar kinders om al van vroeg af verantwoordelikheid te neem en op hul eie doelwitte te stel en te bereik. Haar grootste uitdaging is om die kleintjies sinvol te stilumeer terwyl sy met Emily werk. Gelukkig help haar man, Christof, baie met die rondry vir buitemuurse aktiwiteite en sy sê sonder hom sou dit nie moontlik gewees het nie. Sy betrokkenheid maak dit ook vir haar moontlik om in die middae tyd met baba, Anika (6 maande) te spandeer. ``Die besluit om te tuisskool moet regtig ‘n gesamentlike toewyding van altwee ouers wees, anders kan dit ‘n baie alleen pad word. Die belonings is oorweldigend. Ons sien hoe ons kinders groei en op elke vlak ontwikkel en blom. Hulle kan hulself met groot en klein handhaaf en as daar probleme met dissipline of ‘n slegte gewoonte opduik kan ons dit dadelik aanspreek. ``Baie mense sê dadelik `o dis nie vir my nie,
ek sal dit nie kan doen nie, hoe kry jy dit reg?’as hulle hoor
wat ek doen. Maar dis die punt. Ek kan dit ook nie in my eie krag doen
nie. Met God in jou is niks ontmoontlik nie. Dis Hy wat insig, wysheid
en geduld bring.’’ Haar raad aan tuisskool-ma’s is om grense neer te lê en gereeld dinge vir hulself te doen. ``Hoe meer kinders van mamma het, hoe meer wil hulle gewoonlik hê. Maak dit duidelik dat mamma ook graag wil tee drink, oefen of soms net vir ‘n halfuur op die bed wil gaan lê. Dit gee mens kans om te ontlont en dan het jy weer krag om aan te gaan. ``As dit kom by ‘n kurrikulum kies is haar raad om beide die kind se persoonlikheid en die gesin se behoeftes in ag te neem. ``Jy sal weet wat vir jou kind sal werk en ook watter program die beste by julle as gesin sal inpas. Daar is so baie inligting en keuses daarbuite. Doen deeglik huiswerk.’’ Ken sy haar kinders nou beter?
|
|
|
|
|