Cape
Home Educators |
|
Glo dit as jy wil
deur Annelie Kruger

Van kleintyd af was ons stadsjapies jaloers op ons niggies
en nefies wat op plase groot word. Hulle kon net altyd die lekker dinge doen.
Gawie Steyn jnr kan op 12 jaar sy pa se 30 ton lorrie bestuur!!! Dit is nou
nadat hy met die bakkie leer bestuur het. Hy kon nog nie eens die rathefboom
bykom toe hy die eerste keer agter die lorrie se stuurwiel ingeskuif het nie.
Nou ry hy al lekker op die plaas rond en verander die ratte met gemak.
As jy ooit verby Redelinghuys ry, gaan kyk gerus – sien is glo!
Hy is egter ‘n gehoorsame mannetjie en bestuur net op die plaas. Een van
die dae vat hy die grootpad.
Mooi so! Ek is nogsteeds jaloers op plaasjapies.